top of page
Meer oor die projek

Potchefstroom s'n is die langste, Stellenbosch s'n is die oudste en Sasolburg het 14 verskillende soorte. Daar is een ding wat hierdie drie dorpe in gemeen het - eikebome. Met die eerste groen blaar wat sy verskyning maak, begin Potchefstromers se harte vinniger klop en die Bult wemel met nuwe lewe, net soos die bome.  Die ikoniese 6,84 km lange eikelaan is in 1977 as 'n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. In die toekoms kan studente dalk nie meer onderdeur die boomtonnel op pad klas toe stap nie, want die eikebome is besig om een vir een uit te sterf.

 

'n Groep honneurs joernalistiekstudente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het die tema in 'n multimedia-projek aangespreek.

Stories
bottom of page